We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

Dis wat ons mens maak (Gratis)

by Wiehahn Winterbach

/
  • Streaming + Download

    Purchasable with gift card

     

about

__________________________________________

Hier is waar dit begin het.

Eerstens wou ek kyk of ek 'n liedjie kon skryf, en dan een wat sonder die tipiese koor gedeelte kon staan - die weerhak van meeste populere musiek.

Dis 'n skets oor hoe ons soms sukkel met die liefde en om dit te verstaan. Het maar onlangs geleer dat dit iets is om te ervaar, nie te verstaan nie. Dit is wat dit is; wonderlik nes dit is...
__________________________________________

lyrics

DIS WAT ONS MENS MAAK

Waar kan ek leer hoe werk die liefde
en hoe 'n mens dit moontlik kan verstaan?
Hierdie sake van die hart, met sy jubel en sy smart
dit het al vele stom geslaan

Wat sal mens doen vir die liefde?
Daar's wienig min wat ons nie sal verdra
Dit maak ons binne blind, ons beleef dit soos 'n kind
Eerder swyg as om te kla

Wat is daar te leer uit die liefde?
Gesaai met trane, hartseer en berou
Maar wat van die geluk, al hou dit net 'n ruk?
Ons berus en kleef en klou

Dis wys om te weet niks stuit die liefde
al is ons harte van graniet
Daar's niks wat dit kan keer, beter het probeer
Dis tevergeefs, dis al's verniet

Daar's min te verstaan oor die liefde
'n Prins en padda word maklik saam gepaar
Dis 'n wit-warm vlam wat jou sinne sal verlam
Dis wat ons mens maak met mekaar
Dis wat ons mens maak met mekaar
Dis wat ons mens maak met mekaar
__________________________________________

credits

released January 3, 2011

license

tags

about

Wiehahn Winterbach Midrand, South Africa

Haai! Ek's Wiehahn Winterbach en ek maak musiek as ek kans kry. Die liedjies is in my kamer, er, moderne ateljee opgeneem, (as die bure weg is...)

Die liedjies kom maar van self. Ek's soos 'n ou AM radio wat so tussen die gesuis luister vir melodiee.

Groete!

------------------------------
... more

contact / help

Contact Wiehahn Winterbach

Streaming and
Download help

Report this track or account

If you like Wiehahn Winterbach, you may also like: