We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

NAAK VOOR JOU (Album)

by Wiehahn Winterbach

/
  • Streaming + Download

    Includes unlimited streaming via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.

    _____________________________________________

    Album snitte kan ook apart gekoop word
    (Album tracks can also be purchased individually)
    _____________________________________________
    Purchasable with gift card

      $5.60 USD  or more

     

1.
_____________________________________________ NAAK VOOR JOU Met al die hartseer en onverdiende pyn het ek gemaak dat ons son verdwyn Jou vele trane het ek eerlik nie bedoel en ek weet nou hoe dit voel Durf ek dan vra vir 'n kans om wat oorbly met jou deur te dans Hier is 'n man wat belei hy't berou en nou staan ek naak voor jou Hierdie man staal wat nooit kon val is dalk te optimisties Om te dink; vergifnis stel hom vry Maar daar's 'n stem wat al hoe helder word Jy's al een vir my, Jy's al een vir my, Jy's al een vir my Ek wil nie oor nie maar eerder nuut begin en met my hart jou ewig terug win Minder mooi woorde en meer bewys deur daad Is dit dalk te min te laat? Jy ken my nie as een met hoed in hand maar ek besef ek's nie teen jou bestand Kyk nog net een keer en ek sal my daarby hou soos ek staan hier naak voor jou ______________________________________________
2.
_____________________________________________ DUISEND ENGELE In die stilte van die nog-donker vroee oggend ure onbewus van die koud teen my kniee Hoof gebuig maar my hart omhoog verdruk in die vierkant van my kamer mure Dis maar moeilik as mens om te verstaan toe jy so haastig huistoe moes gaan Ek berus dit was Jou wil om haar te neem en my oor te slaan Ek weet 'n duisend engele jou veilig in hul vleuls vou totdat ek eendag weer jou in my arms hou Liefling ek glo jy my trane kan hoor My hart's in skerwe deur jou te verloor Maar ek koester my tyd met jou Daar bly maar min van my nou oor My kruis voel vir my te swaar Ek is hier en jy's al daar So wreed geskei, ek kan nie hoe kan ek dit aanvaar? Ek weet 'n duisend engele jou veilig in hul vleuls vou totdat ek eendag weer jou in my arms hou Het al oorweeg om by jou aan te sluit maar dis teen Sy wil en tot my spyt Met frustrasie en min geduld bly ek in die lewe toegesluit Maar ek weet jy wel eendag neer sal daal Waneer jy en die duisend engele my ook kom haal ______________________________________________
3.
Vere 03:20
__________________________________________ VERE Paashaas en die tokolos Kersvader en die tande muis Vrydag die dertiende sambreel oopvleul in die huis Loop onderdeur 'n leer 'n swart kat kruis jou pad Of 'n gebreukte spieel se sewe jaar van smart Bygeloof denke verdoof onwetent geestelik beroof, maar Ek voel vere vir 'n volmaan maanhaar aand Met vrot informasie verkrag die siel le oop gespalk terwyl die verstand se are stadig toe verkalk En wat van 'n pratende slang feetjies en ander feite? Onkunde geloof en vrees verberg wat le daar buite Baie bid dat die biesies bewe maar daar's veel meer as net glo en vergewe Ek voel vere vir 'n volmaan maanhaar aand Ek voel vere vir 'n volmaan maanhaar aand My liewe volk ek kan dit nie glo nie elke dag nog 'n kaf storie Ek voel vere vir 'n volmaan maanhaar aand Stadig nou, wag so bietjie miskien is hierdie net nog 'n liedjie Bygeloof denke verdoof onwetent geestelik beroof, maar Ek voel vere vir 'n volmaan maanhaar aand Ek voel vere vir 'n maanhaar volmaan aand Ek het vrede... __________________________________________
4.
Jy 03:26
_____________________________________________ JY Ek duik diep in vlak waters Tiekiedraai op 'n speld se punt Klouter van kruin na krater Waaierskuim in die wind Ek's 'n man met saai talent Gewis in liefde insolvent Ek dra 'n vrag vol flaters en die swaarste daarin vir my ... is Jy by my verby Wens ek kon dit vermy Hoe het ek jou deur my vingers laat gly? Ek leer teen 'n slakkepas 'n duisend drome le veras Waar? Waar was die wysheid? Die hande toer te gou my sande loop uit Jy by my verby Wens ek kon dit vermy Hoe het ek jou deur my vingers laat gly? Jou roos-reuk in my kussing ek wens, ek wens dit was nog hier As ek maar die mag gehad het sou ek dit nou so bestier Ek dra 'n vrag vol flaters en die swaarste bly altyd jy... ____________________________________________
5.
_____________________________________________ STRUIKEL EN VAL Die lewe slyp verby en dis meestal verras verraai of verlei Gebede paai waar ons nie kan kry en in my geval - is dit jy Elke hartklop klop, klop aan by jou maar waar staan ek nou? Ek struikel en val Staan op maar wankel om weer om te kantel Val vas in jou klei Is daar 'n vastrap plek vir my? Ek struikel en val Staan op maar wankel om weer om te kantel Moedeloos verby om 'n vasvat plek in jou hart te kry Ek's nie een wat maklik kla Jou hart en hand is al wat ek vra Geknak gekneus en kreupel klop ek nog steeds Ek struikel en val Staan op maar wankel om weer om te kantel Val vas in jou klei Is daar 'n vastrap plek vir my? Ek struikel en val Staan op maar wankel om weer om te kantel Moedeloos verby om 'n vasvat plek in jou hart te kry Ek struikel en val Staan op maar wankel om weer om te kantel Val vas in jou klei Is daar 'n vastrap plek vir my? Ek struikel en val Staan op maar wankel om weer om te kantel Moedeloos verby om 'n vasvat plek in jou hart te kry __________________________________________
6.
Niks 04:17
_____________________________________________ NIKS Snaaks hoe die wereld se wonders kan verdwyn en vlinders vaal word soos hul kleure kwyn dig bos woude word woestyne sonder keer Die gelag van kinders klink nie meer Dis meer as moontlik en dit weet ek nou Dis die uitkoms sonder jou Die duister sal die son se strale versmoor en al's bedek in 'n kleed van nag en koud Ek wil fluister sodat almal sal hoor Daar is niks sonder jou Ek sal dit skreeu tot ek my stem verloor my wereld wentel om jou Daar is niks sonder jou Ver-weg diamante op swart fluweel gesaai wat wink en vonkel terwyl die wereld draai Nag na nag soos 'n wakende sambreel laat dit my weet ek's ook daarvan deel Is dit waar of maar 'n droom wat ek onthou? Want dis al's net mootlik met jou Die duister sal die son se strale versmoor en al's bedek in 'n kleed van nag en koud Ek wil fluister sodat almal sal hoor Daar is niks sonder jou Ek sal dit skreeu tot ek my stem verloor my wereld wentel om jou Daar is niks sonder jou Is dit waar of maar 'n droom wat ek onthou? Is dit werklik of net 'n beeld waaraan ek klou? Vir my bestaan daar niks sonder jou en ek veral is niks... _____________________________________________
7.
Ek glo 03:39
_____________________________________________ EK GLO Rook en spieels, vlug tower hande verdof en duister ons visier My hart hou stuur, kies koers getrou en dis al waaraan ek klou Ek glo in die vrug wat arbeid dra Ek glo in getrouheid wat die liefde vra Ek glo in die algehele goedheid van die mens Ek glo dis 'n fout om die tyd om te wens Ek glo 'n mens se woord moet teen alle aanval staan en onvoorwaardelike liefde wel bestaan En waar kan daar wins wees in 'n ander se tereur? En ek glo daar is feite wat mislei Maar ek weet daar's 'n hemel want daar's jy Ek glo wie waarheid soek sal kry en ek weet daar's 'n hemel - danksy jy... _____________________________________________

about

_____________________________________________

Hier is die eerste 7 liedjies saamgevat in a mini-album. Soos die album naam aandui, is die volgende album al goed op dreef en behoort so binne die volgende paar maande beskikbaar te wees. Die liedjies kan apart gekoop word of tesame in die album vir 'n klein afslag.

As bonus is 'Dis wat ons mens maak', 'n gratis aflaaibare liedjie. Dis tog waar alles begin het.

Die wat in kennis gestel wil word waneer die volgende album vrygelaat gaan word, hoef net hulle Epos adres te laat en sal voor die tyd verwittig word.

Die album sluit die lirieke in PDF formaat in.

credits

released January 3, 2012

_____________________________________________

Musiek en lirieke deur Wiehahn Winterbach. Opgeneem in Winterbach Ateljees (slaapkamer) 2011 - 2012 - met dank aan die bure se geduld.
_____________________________________________

license

tags

about

Wiehahn Winterbach Midrand, South Africa

Haai! Ek's Wiehahn Winterbach en ek maak musiek as ek kans kry. Die liedjies is in my kamer, er, moderne ateljee opgeneem, (as die bure weg is...)

Die liedjies kom maar van self. Ek's soos 'n ou AM radio wat so tussen die gesuis luister vir melodiee.

Groete!

------------------------------
... more

contact / help

Contact Wiehahn Winterbach

Streaming and
Download help

Report this album or account

If you like Wiehahn Winterbach, you may also like: