We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

Duisend engele

from NAAK VOOR JOU (Album) by Wiehahn Winterbach

/
  • Streaming + Download

    Includes unlimited streaming via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.
    Purchasable with gift card

      $0.95 USD

     

about

_____________________________________________

Duisend engele gaan oor verlies; in hierdie geval aan die dood. Maar dis ook toepaslik in die liefde. Dit kan jou diep in jou fondament ruk, en soms herstel ons moeilik. Soms nooit...

lyrics

_____________________________________________

DUISEND ENGELE

In die stilte van die nog-donker vroee oggend ure
onbewus van die koud teen my kniee
Hoof gebuig maar my hart omhoog
verdruk in die vierkant van my kamer mure

Dis maar moeilik as mens om te verstaan
toe jy so haastig huistoe moes gaan
Ek berus dit was Jou wil
om haar te neem en my oor te slaan


Ek weet 'n duisend engele
jou veilig in hul vleuls vou
totdat ek eendag weer
jou in my arms hou


Liefling ek glo jy my trane kan hoor
My hart's in skerwe deur jou te verloor
Maar ek koester my tyd met jou
Daar bly maar min van my nou oor

My kruis voel vir my te swaar
Ek is hier en jy's al daar
So wreed geskei, ek kan nie
hoe kan ek dit aanvaar?


Ek weet 'n duisend engele
jou veilig in hul vleuls vou
totdat ek eendag weer
jou in my arms hou


Het al oorweeg om by jou aan te sluit
maar dis teen Sy wil en tot my spyt
Met frustrasie en min geduld
bly ek in die lewe toegesluit

Maar ek weet jy wel eendag neer sal daal
Waneer jy en die duisend engele my ook kom haal

______________________________________________

credits

from NAAK VOOR JOU (Album), released January 3, 2012

license

tags

about

Wiehahn Winterbach Midrand, South Africa

Haai! Ek's Wiehahn Winterbach en ek maak musiek as ek kans kry. Die liedjies is in my kamer, er, moderne ateljee opgeneem, (as die bure weg is...)

Die liedjies kom maar van self. Ek's soos 'n ou AM radio wat so tussen die gesuis luister vir melodiee.

Groete!

------------------------------
... more

contact / help

Contact Wiehahn Winterbach

Streaming and
Download help

Report this track or account

If you like Wiehahn Winterbach, you may also like: